top of page
WELKOM BY
LAERSKOOL ORION

By Laerskool Orion glo ons dat ware groei en sukses begin wanneer ons alles doen MET YWER – met toewyding, geloof en liefde. Hier, waar menige klein Orie-harte gebore word, kry elke kind die geleentheid om met sy of haar unieke gawes en talente ’n ster te word in eie reg. 

 

Ons vertrou dat elke Orie-kind sal leer om nie net met ywer te werk nie, maar ook om hul geloof in Jesus Christus as rigtingwyser te hê. Hy is ons lig, ons voorbeeld en die bron van ware inspirasie en deursettingsvermoë.

 

Ons Orie-onderwysers benader elke leerder as individu en help elkeen om sy of haar spesiale plekkie in Orie-land te vind – ’n plek waar geloof, liefde en ywer hand aan hand loop.

 

By Orion glo ons dat die leuse “MET YWER” nie net woorde op ’n muur is nie, maar ’n leefwyse wat kinders toerus om met geloof, moed en passie hul drome na te jaag.

Met Jesus aan ons sy, en met ywer in ons harte, glo ons dat elke Orie-kind hul lig in die wêreld sal laat skyn. 💫

Untitled design (8).png
Digitale Tydskrif
Kontak Ons
Jaarprogram

Toinettestraat 6

Brackenhurst

Alberton

1448

​Tel: 011 868 5562/3

Tel: 011 868 1853​

Epos: info@lsorion.co.za  

Kantoorure:

Maandae - Donderdae

07:00 - 15:00

Vrydae

07:00 - 13:00

DIE ORIES DOEN ALLES MET YWER!

bottom of page