
Akademie
Laerskool Orion streef na uitnemendheid op 'n Christelike grondslag deur moeder-taalonderrig.
Die toelatingsouderdom vir 'n leerder in graad 1 is 5 jaar, maar hy/sy moet 6 word voor 30 Junie gedurende die jaar van toelating. ​'n Gesertifiseerde kopie van die geboortesertifikaat en afskrif van die kliniekkaart moet ingehandig word tydens registrasie. ​In die grondslagfase (Gr.1-3) word leerders begelei om in totaliteit, d.w.s. op akademiese- sport- en kultuurgebied te ontwikkel. Klasgroottes word beperk sodat kwaliteit onderrig kan plaasvind. Ons het vyf graad 1 klasse om ons getalle per klas laag te hou.
​
​
Vakke wat Graad 1-3 leerlinge neem en slaagvereistes is soos volg:
​
Afrikaans HT - 50%
Engels EAT - 40%
Wiskunde - 40%
Lewensvaardighede - 40%


Hierdie fase strek van graad 4 tot graad 6. Soos alle ander skole in die land, word hier ook KABV (CAPS ) geïmplimenteer.
Die volgende vakke word aangebied:
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe en Tegnologie
Sosiale Wetenskap: Geskiedenis en Aardrykskunde
Lewensvaardigheid: Persoonlike en sosiale welsyn, liggaamlike opvoeding en Skeppende Kuns
Kodering
Assessering:
Vind deurlopend plaas in die vorm van mondelinge praatjies, luisteroefeninge, klastoetse, skriftelike opdragte, take en toetse. In die eerste en derde kwartaal skryf die leerders toetse, terwyl hul in die tweede en vierde kwartaal eksamen skryf.
Toetse:
Elke leerder ontvang ‘n toetsrooster ten minste twee weke voordat die toetse in aanvang neem. ‘n Week voordat ‘n betrokke vak geskryf word ontvang die leerders ‘n afbakening, waarin die leerstof vir die leerders uiteengesit word. Nadat die toetse gemerk is, word dit met die leerders bespreek en na die ouers gestuur, wat dit moet teken en terugstuur skool toe.
Slaagvereistes:
Afrikaans 50%
Engels (EAT) 40%
Wiskunde 40%
Leerders moet in enige van die oorblywende vakke 40% behaal. Belangrik om te onthou is dat die eindeksamen 25% van die hele jaar se punte tel.
​
Ons graad 7’s vorm deel van die Seniorfase. Van 2014 af word die KABV (CAPS ) ook hier geïmplimenteer.
Vakke in hierdie fase:
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskap
Sosiale Wetenskap: Geskiedenis en Aardrykskunde
Ekonomiese Bestuurs Wetenskap (EBW)
Lewensvaardigheid: Persoonlike en sosiale welsyn , en Liggaamlike opvoeding
Tegnologie
Skeppende Kuns
Assessering
Vind deurlopend plaas. Deurlopende assessering kan plaasvind in die vorm van mondelinge opdragte, luisteroefeninge, skriftelike opdragte, take, praktiese opdragte, klastoetse en kwartaal toetse. Gedurende die eerste en derde kwartale skryf ons ‘n toetsreeks. In die tweede en vierde kwartaal skryf die leerders eksaman.
Toetse
Leerders ontvang aan die begin van die kwartaal ‘n toetsrooster. Die leerders skryf weekliks toets. Leerders ontvang ‘n afbakening van die leerstof ‘n week voordat hulle die toets skryf, sodat hulle presies weet wat om voor te berei vir die toets. Nadat die toetse gemerk is, word dit met die leerders bespreek en dan na die ouers gestuur om te teken.
Slaagvereistes
Afrikaans 50%
Engels (EAT) 40%
Wiskunde 40%
In enige 3 van die oorblywende vakke moet die leerder 40% behaal en ‘n minimum van 30% in die ander vakke.
Dit is baie belangrik om te onthou dat die eindeksamen 60% van die jaarpunt tel.
![IMG_20181123_105352[1].jpg](https://static.wixstatic.com/media/42541f_3c89ab73cdca430980f96dc882bcbade~mv2_d_3968_2976_s_4_2.jpg/v1/crop/x_0,y_274,w_3968,h_2428/fill/w_322,h_197,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/IMG_20181123_105352%5B1%5D.jpg)

Daar is groot opgewondenheid in ons klasse terwyl leer speel-speel plaasvind met kodering en robotika. Kinders leer kreatief en "out-of-the-box" dink om probleme op los. Kinders leer om die tegnologiese proses te volg.
Die verrykingsentrum is in 1996 gestig in Alberton om begaafde en enige ander leerders wat akademies goed presteer te stimuleer en bloot te stel aan verskillende wetenskappe. Sodoende wek dit belangstelling en kennis wyer as die skoolkurrikulum. Ons poog om leerders te stimuleer om verder na te lees en seIfs navorsing te doen. In sommige gevalle kan hul selfs op 'n vroeë ouderdom loopbaan geleenthede navors. Kurrikulêre, verrykende onderrig word deur professionele en deskundige persone as 'n naskoolse aktiwiteit aan gekeurde leerders vanaf Graad 4 - Graad 7 aangebied.
Uitdagende leersituasies word vir die leerders geskep en deur middel van aktiewe deelname en meer komplekse denkprosesse word die leerders aangemoedig om krities te evalueer en op kreatiewe wyses self tot nuwe insigte en ontdekkings te kom.
Daar is al vele suksesvolle kursusse oor die jare aangebied soos by. Natuur- en Skeikunde, Chemie, Fisiologie, Sterrekunde, Antropologie, Rekenaarstudie, Plant- Voël- en Dierkunde, Geomorfologie, Korrekte Studiemetodes, Ingenieurswese, Elektronika, Informatika, Fisika, Geologie, Noodhulp, Mikro-biologie, Ekologie, Nannategnologie, Advertensie wese en ook'n besondere suksesvolle kreatiwiteits werkswinkel. Omdat ons aanbieders professioneel is, is daar finansiële implikasies. Leerdergetalle bepaal of ons hierdie kostes kan verhaal. Ons besef dat ons leerders baie betrokke is by buitemuurse aktiwiteite, maar ons wil tog 'n ernstige beroep op u doen om u kinders aan te moedig om slegs 6 ure per kwartaal by hierdie verrykende aktiwiteit betrokke te raak, ten einde geheelontwikkeling by u kind te bevorder. Elke kursus duur ses weke (een uur per week) Gr4 en Gr5 van 18:00- 19:00. Gr6 en Gr7 van 19:00-20:00. Ons kan net een so'n kursus per termyn aanbied.
Ons buurskole kyk belangstellend na “ons" verrykingsentrum met die oog daarop om hul eie te stig. Die verrykingsentrum is 'n bemarkingsgeleentheid vir ons slool wat nie verlore kan gaan nie.
Indien u belangstel, om u kind aan die aktiwiteite van die Verrykingsentrum te laat deel neem, kontak my gerus, sodat verdere inligting so gou moontlik deurgegee kan word. Baie dankie aan positiewe ouers en leerders wat gereeld die sentrum besoek.
E.S de Swardt
011 868-5562 (w)
011 900-4242 (h)
083 282 7658
