top of page

Aktiwiteite

  • Nooientjienetbal word tydens die Tweede Kwartaal vir die Gr. 0-dogters aangebied.  Hulle oefen gedurende vryspel buite.  Geen fooie is hierby betrokke nie.

 

  • Welpie-rugby word vir die Gr. 0-seuns aangebied en hulle word afgerig deur belangstellende pappas.  Hulle oefen twee keer per week van 17:00 – 18:00. Geen fooie is hierby betrokke nie.

 

  • Kleutermusiek word tydens skoolure deur Welma van Heerden aangebied vir al die kleuters.  Geen fooie is hierby betrokke nie.

 

  • Kunswedstryd – Ons neem jaarliks deel aan die kunswedstryd. Kleuters (GR.000 – GR.0) word gekeur vir individuele voordrag. GR.0-kleuters word gekeur vir die slagorkes en spreekkoor. Slegs ’n minimale inskrywingsfooi is betaalbaar.
bottom of page