top of page
P-001.jpg
Me. Annéne Visser

 

Orionland Kleuterskool – Die Kleuterskool waar elke kind ‘n ster is!

 

Orionland bied aan sy kleuters ‘n kleutervriendelike leeromgewing met hoë onderrigstandaarde.  Ons het gekwalifiseerde onderwyseresse en poog om ons klasse se getalle so klein as moontlik te hou vir optimale onderrig.

 

U kleuter kan hom/haar uitleef in ‘n leeromgewing met uitstekende, moderne fasiliteite en ‘n kleurvolle en veilige speelarea.

 

Ons strewe daarna om ons kleuters te lei en te ontwikkel tot verantwoordelike en gebalanseerde leerders.

 

Alle Buite-kurrikulêre aktiwiteite word aangebied om die kleuter te help met ontwikkeling in totaliteit.

 

Die Kleuterskool beskik ook oor ‘n naskoolsentrum indien benodig.

 

Gun jou kind die geleentheid om te ontwikkel in ‘n ware ster by Orionland.

 

 

BOODSKAP VAN DIE HOOF

bottom of page