top of page

Boodskap van die Hoof, Mnr Mark van Rooyen

PicsArt_11-02-12.45.07.jpg
Hartlik welkom aan elke voornemende ouer by Laerskool Orion. Dit bly 'n groot gebeurtenis in ons lewe om 'n kind by sy of haar eerste skool in te skryf.

 

Elke kind het sy eie behoeftes, omstandighede en talente en met die diversiteit in die onderwys, is dit vir u, as ouer, belangrik om die regte keuse te maak ten opsigte van die skool waar u u kind vir sy of haar skoolloopbaan inskryf.  Ons besef dat u kind u kosbaarste besitting is en dat net die beste vir hom/haar goed genoeg is.

 

By Laerskool Orion poog ons om, vanuit 'n Christelike perspektief, kinders te lei sodat hulle sinvolle keuses in hul lewens kan maak.  Laerskool Orion streef na uitnemendheid op 'n Christelikegrondslag deur moedertaalonderrig en die totale ontwikkeling van elke leerder. Ons glo aan 'n vennootskap tussen alle belanghebbendes, gebaseer op 'n onderlinge vertrouensverhouding en 'n verantwoordelike interaksie met die gemeenskap.  Ons leerders en personeel beleef ons skool as 'n plek waar ons veilig en geborge voel, vir mekaar omgee en uitreik na mekaar.

 

Ons bede is dat u kind as Orie sy/haar volle potensiaal sal bereik by hierdie uitmuntende skool.

Ons visie, missie en waardes

Laerskool orion streef na uitnemendheid op 'n Christelike grondslag deur moedertaal-onderrig en die totale ontwikkeling van elke leerder...

Ons geskiedenis

Laerskool Orion het ontstaan as gevolg van ‘n samesmelting tussen die destydse skole Laerskool Willem Cruywagen en Laerskool Jan Meyer....

bottom of page