top of page

Sport

Laerskool Orion bied 'n wye keuse van sport aan.  
 
Laerskool Orion het al heelwat atlete gehad wat op Provisionale sowel as Nasionale gebied aan verskeie sport deelgeneem het.
 
By Orion, is ons trots op ons sportmangees sowel as ons gedrag en houding op die sportveld.

'n Massa byeenkoms vind in die 1ste kwartaal plaas om alle leerders geleentheid tot deelname te bied. Hierna word 'n span gefinaliseer wat teen ander skole sal kompeteer gedurende die atletiek seisoen. 
Graad 1-uitdunne vind in Januarie plaas.

Organiseerders:
Juf. Louani - louani@lsorion.co.za
& Mnr. JP - kobus@lsorion.co.za

Atletiek
Hokkie

Laerskool Orion bied die geleentheid vir al ons leerlinge om hokkie te speel.

Mini-hokkie word aangebied vanaf Gr.1-3 en ligaspanne neem deel vanaf Gr4-7. Ligawedstryde vind plaas in die derde kwartaal, maar toernooie word reeds einde kwartaal 2 gespeel.

 

Ons Eerste Hokkiespan neem jaarliks deel aan die Super 12 reeks by Tukkies en is ‘n groot hoogtepunt.

 

Ons bied elke jaar gedurende die derde kwartaal ‘n hokkie kliniek aan vir 0/7 – 0/11. Die 0/12 en 0/13 spanne toer gedurende die Julie vakansie.

 

Organiseerder:

Juf. Marina - marina@lsorion.co.za

Krieket vind in die derde kwartaal plaas vir die O/8 - 1ste span seuns.  Proewe vir O/9 - O/13 seuns word gehou en een span in elke ouderdom word gekies.
 
Die Super12 vind plaas in Rustenburg
Organiseerder:
Mnr. Bertie Müller - bertiem@lsorion.co.za

Krieket
Landloop

By Orion is hierdie 'n aktiwiteit vir massadeelname en word gedurende die 3de kwartaal beofen.  Atlete vanaf O/9 to O/13 kan deelneem en afstande wissel tussen 2 en 4km.  Hier oefen die leerders nie net hard nie, maar leer ook deursettingsvermoe en uithouvermoe.  Daar word aan die liga, sowel as die Super 12 deelgeneem.

Organiseerder:

Juf. Grietjie - grietjie@lsorion.co.za 

& Juf. Johannie - johannie@lsorion.co.za

Ons glo dat elke kind wat deelneem 'n redelike kans gegun moet word om te ontwikkel en daarom is daar A-, B- en C-spanne.  Om sukses te smaak, het jy net 'n geleentheid nodig.  Netbal word gedurende die tweede kwartaal gespeel en A- en B-spanne neem aan die liga deel, terwyl die A-spanne ook aan die Super 12 deelneem.  Hierdie dogters toer ook jaarliks gedurende die April vakansie.
Organiseerder:
Juf. Monique - monique@lsorion.co.za
Juf. Carla - carla@lsorion.co.za

Netbal
Ruitersport

Orion is baie trots op die ruiters wat elke jaar vir die skool deelneem by verskeie byeenkomste.
Organiseerder:
Juf. Anuschka - info@lsorion.co.za

Rugby vind plaas in die 2de kwaartaal.  Jaarliks word 'n A- en B-span gekies in elke ouderdoms- groep om seuns die geleentheid te gee om die spel te speel.
 
Alle A-spanne neem deel aan die Super 12-kompetisie, sowel as die liga.  Ons neem ook jaarliks die seuns op 'n kamp om hul tegnieke te verbeter.
Organiseerder:
Mnr. Morné Eksteen - morne@lsorion.co.za

Rugby
Skaak

Orion het 'n junior en senior skaakspan wat deelneem aan die Super 12 en die oop liga.  Skaak word gedurende die 2de kwartaal gespeel, en skaakspelers ontvang afrigting om hul vaardighede te verbeter.  Orion het ook op hierdie gebied al verskeie Gauteng-skole spelers opgelewer.
Organiseerder:
Juf. Lorinda du Plessis - lorindagr1@lsorion.co.za

Orion het 'n junior en senior tennisspan wat deelneem aan die Super 12 en die oop liga.  Tennis word gedurende die 3de kwartaal gespeel, en spelers ontvang afrigting om hul vaardighede te verbeter.
Organiseerder:
Mnr. André - andre@lsorion.co.za
 

Tennis
Welpies

Verskeie spanne in die ouderdomsgroepe O/6, O/7 en O/8 is betrokke by welpie-rugby in die 2de kwartaal.  Die hoofdoel is om rugbyvaardighede toe ontwikkel ter voorbereiding vir O/9-rugbydeelname.  Die spanne neem aan heelwat sportdae deel gedurende die jaar.
Organiseerder:

Mnr. André - andre@lsorion.co.za 

bottom of page