top of page

FINANSIES - LAERSKOOL ORION EN NASKOOL

 

  • Die skoolgelde beloop R18 700-00 per kind vir die jaar. Hierdie bedrag is in 10 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober.

​

  • Indien die skoolfonds voor 28 Februarie 2024 ten volle betaal word, word daar 10% korting toegestaan.                           (Dus R16 000-00)

​

  • Graad 4-6 leerders betaal R250-00 vir die nuwe leerarea Kodering en Robotika.

​

  • Die Naskoolsentrumgelde vir die skoolleerlinge beloop R9 000-00 per kind vir die jaar. Hierdie bedrag is in 10 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober.

 

  • Indien u deur die loop van die jaar by die Skool of Naskool aansluit, versoek ons u om met die Finansiële kantoor, Me. le Roux in verbinding te tree.

 

  • Fooie vir 2025 word na die Begrotingsvergadering in November vasgestel.

 

  • Gelde is maandeliks vooruitbetaalbaar - voor die 7de van elke maand.

 

  • Indien u alternatiewe betaalreëlings wil tref kan u die versoek skriftelik na Me. Hart stuur by debiteure@lsorion.co.za

 

  • Elektroniese betalings kan vir u gerief gedoen word, volg asb. die instruksies op die volgende bladsy.

 

  • Een kalendermaand skriftelike kennis word vereis indien u kind die Naskoolsentrum sou verlaat (fin@lsorion.co.za).

​

  • Indien u kind die skool verlaat moet u aansoek doen by Me. I. Pretorius (info@lsorion.co.za) vir 'n oorplaaskaart en skoolgelde sal prorata terug geskryf word.

​

​

 

WYSE VAN BETALING

Kontant

Kontant kan in normale skoolure by die finansiële kantoor by die Laerskool inbetaal word.  Indien die gelde saam met u kind gestuur word, word dit by die registeronderwyseres inbetaal in ‘n  verseëlde koevert met die volgende inligting daarop:

  • Kind se naam, van en graad

  • Die bedrag wat betaal word.

      Jan Swanepoel   Gr 1.1  R1 870-00

​

 

Elektroniese betaling  

Bankbesonderhede vir SKOOL  is as volg:

Rek. Naam :        Laerskool Orion

Rekening nr:       40 5891 2419

Takkode :             632005

Tak:                        ABSA – New Redruth

VERWYSING:       SOOS OP U STAAT

​

​

Bankbesonderhede vir NASKOOLSENTRUM is as volg:

Rek. Naam:         L/S Orion Naskool – Tjekrekening

Rekening nr:       40 9057 4449

Takkode :             632005

Tak:                        ABSA – New Redruth

VERWYSING:       SOOS OP U STAAT

​

E-pos asseblief die betalingsbewys na fin@lsorion.co.za vir aandag Mev S. le Roux.

​

Alle navrae rakende die finansies kan by die finansiële kantoor by die Laerskool gedoen word.

​

​

Kaartfasiliteite

U kan met u kredietkaart of debietkaart by die finansiële kantoor betaal.

 

​

Indien die rekening agterstallig raak

  • ’n Skriftelike kennisgewing sal aan u gestuur word en u sal telefonies gekontak word.

  • Daarna sal u weer ’n skriftelike kennisgewing ontvang.

bottom of page