top of page

Toelatingsouderdom

​

Gr. 000:

Die jaar waarin die kleuter 4 word (ten volle “gepotty train” wees)

Gr.   00:

Die jaar waarin die kleuter 5 word

Gr. 0/R:

Die jaar waarin die kleuter 6 word

 

Skoolreëls en Regulasies

​

Die kleuterskool is onderworpe aan reëls en regulasies soos bepaal deur die Beheerliggaam van Laerskool Orion. Ons het ook ons eie Kleuterskool reëls en u as ouers se samewerking met die handhawing daarvan sal baie waardeer word. Dit kan slegs tot voordeel strek van u kind  wat u in ons sorg toevertrou.

 

Skooltye

​

  • Ons dagprogram begin stiptelik 07:45

  • Kleuters moet alreeds 07:30 by die skool wees.

  • Daar is reeds toesig vanaf 07:00

  • Kleuters gaan om 13:00 huis toe of gaan dan na die Kleuterskool se Naskoolsentrum.

  • Skoolkwartale is dieselfde as Departementele skole, m.a.w. die Kleuterskool sal skoolvakansies gesluit wees.

Kleredrag

​

Kleuters moet gemaklike klere dra wat mag vuil word. Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees. Voorsien asseblief ‘n ekstra  stel klere in u kleuter se tassie ingeval dit nodig sou word. Hou asseblief die seisoene in gedagte. In die somer kan die kleuters gerus sonder skoene skool toe kom.

Ons is baie trots op ons unieke Orionland klere wat by die Kleuterskool te koop is.

 

Skooltassie/sak

​

Die kleuters  moet elke dag ‘n skooltas skool toe bring. Dit moet groot genoeg wees om sy kosblikkie, “flip file” en aktiwiteite vir die dag in huis toe te neem.

 

Verjaarsdae

​

Aangesien ‘n kleuter se verjaarsdag vir hom/haar soveel beteken, poog die skool om dit die grootste dag in sy/haar lewe te maak. Koek, lekkers ens. kan vir die maatjies saamgebring word. Partytjiereëlings kan met die klasonderwyseres getref word.

Verversings & snoepiedag

​

Kleuters eet ontbyt tuis.  ‘n Voedsame kospakkie in ‘n gemerkte kosblik moet saamgestuur word vir pouse.  Kleuters wat die naskoolsentrum bywoon kry wel ‘n ligte middagete om 13:30 en verversings om 15:00.  Vrydae is “snoepiedag” vir die kleuters. Hulle mag ook op ‘n Vrydag lekkers saambring. U kan u kleuter van ‘n geldjie voorsien sodat hy/sy hul eie aankope kan doen. Kleingeld word in u kleuter se blikkie by die skool gehou.

 

Kommunikasie

​

Elke kleuter het ‘n A5 “Flip File” wat in die klas bly en slegs huis toe gestuur word  as daar ‘n briefie is. Haal asseblief die briefies vir kennisname uit en stuur die “Flip File” die volgende dag terug skool toe.

 

Whatsapp groepe

​

Die Laerskool en Kleuterskool maak baie gebruik van Whatsapp groepe  om inligting aan die ouers oor te dra.  

bottom of page