top of page
  • Die Kleuterskool se naskool funksioneer apart van die Laerskool se naskool. Daar is 5 dames wat by die Kleuterskool se naskool betrokke is.
  • Tye: 13:00 – 17:30.  Indien u, u kind nie voor 17:30 kan kom afhaal nie, moet u asseblief die personeel daaroor inlig, sodat die nodige reëlings getref kan word.
  • Leerlinge se kledingstukke en sakke moet asseblief duidelik gemerk wees.
  • Die naskoolsentrum is tydens die skoolvakansie gesluit.
  • Ons wil ons naskool ouers ook vriendelik versoek om nie in die skoolgronde in te ry om die kinders by die Naskool af te haal nie.
  • Ouers moet self hul kleuter by die Naskoolsentrum kom afhaal.  Geen kleuter sal aan ‘n vreemde persoon afgegee word nie.  Indien u nie self u kleuter kan kom haal nie, moet u skriftelik toestemming gee en reëlings tref met die naskooldame.
  • U kleuter mag GEEN speelgoed naskool toe bring nie.

 

VERVERSINGS

Kos word deur die Naskoolsentrum voorsien.  Die kind/ers ontvang daagliks ‘n ligte ete en koeldrank   (±13:00 en ±15:00)

 

KONTAKPERSON

 

Nita Steenekamp 011868 5562 

 

​

Orionland Kleuterskool

bottom of page