top of page

FINANSIES

KLEUTERSKOOL EN NASKOOL

 

  • Die Kleuterskoolgelde beloop R21 780-00 per kind vir die jaar. Hierdie bedrag is in 11 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar vanaf Januarie tot November.

 

  • Die Naskoolsentrumgelde vir die kleuters beloop R4 900-00 per kind vir die jaar. Hierdie bedrag is in 10 gelyke paaiemente verdeel en is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober.

 

  • Indien u deur die loop van die jaar by die Kleuterskool of Naskool aansluit, versoek ons u om met die Finansiële kantoor, Me. le Roux in verbinding te tree.

 

  • Fooie vir 2021 word na die Begrotingsvergadering in November vasgestel.

 

  • Die gelde kan eenmalig betaal word aan die begin van die jaar.  Ongelukkig word geen korting toegestaan op die Kleuterskool- en Naskoolsentrumgelde nie.

 

  • Aangesien die Kleuterskool en Naskoolsentrum onafhanklik van Laerskool Orion funksioneer en vir sy eie uitgawes verantwoordelik is, is die gelde maandeliks vooruitbetaalbaar - voor die 7de van elke maand.

 

  • Indien u alternatiewe betaalreëlings wil tref kan u die versoek skriftelik na Me. Hart stuur by debiteure@lsorion.co.za

 

  • Elektroniese betalings kan vir u gerief gedoen word, volg asb. die instruksies op die volgende bladsy.

 

 

WYSE VAN BETALING

Kontant

Kontant kan in normale skoolure by die finansiële kantoor by die Laerskool inbetaal word.  Indien die gelde saam met u kind gestuur word, word dit by die registeronderwyseres inbetaal in ‘n  verseëlde koevert met die volgende inligting daarop:

  • Kind se naam, van en graad

  • Die bedrag wat betaal word.

      Jan Swanepoel   Gr 0.1  R1 980-00

 

Elektroniese betaling  

Bankbesonderhede vir ORIONLAND  is as volg:

Rek. Naam :       Orionland Kleuterskool 

Rekening nr:      40 9057 2170

Takkode :            632005

Tak:                       ABSA – New Redruth

VERWYSING:       SOOS OP U STAAT

 

Bankbesonderhede vir NASKOOLSENTRUM is as volg:

Rek. Naam:        L/S Orion Naskool – Tjekrekening

Rekening nr:      40 9057 4449

Takkode :            632005

Tak:                       ABSA – New Redruth

VERWYSING:      SOOS OP U STAAT

 

E-pos asseblief die betalingsbewys na fin@lsorion.co.za vir aandag Mev S. le Roux.

 

Alle navrae rakende die finansies kan by die finansiële kantoor by die Laerskool gedoen word.

 

Kaartfasiliteite

U kan met u kredietkaart of debietkaart by die finansiële kantoor betaal.

 

Indien die rekening agterstallig raak

  • ’n Skriftelike kennisgewing sal aan u gestuur word en u sal telefonies gekontak word.

  • Daarna sal u weer ’n skriftelike kennisgewing ontvang.

  • Sonder u samerwerking sal u kleuter se plek by die Kleuterskool en Naskool heroorweeg word.

  • Geen uitstaande gelde mag oorgedra word na die daaropvolgende jaar nie, aangesien ons ’n waglys vir elke Graad het.

 

bottom of page